SOFIA

SOFIA tydens ’n vlug.
’n Nabyskoot van die oop teleskoopdeur.

SOFIA (Stratospheric Observatory for Infrared Astronomy) is ’n gesamentlike projek van Nasa en die Duitse Lugruimsentrum (DLR)[1] om ’n lugsterrewag in ’n vliegtuig in te bou en te onderhou. Nasa het die kontrak vir die ontwikkeling van die vliegtuig, werking van die sterrewag en bestuur van die Amerikaanse deel van die projek in 1996 aan die Universities Space Research Association (USRA) toegeken. Die Duitse SOFIA-instituut (DSI) bestuur die Duitse dele van die projek, wat hoofsaaklik met wetenskap en die teleskoop verband hou. SOFIA se teleskoop het op 26 Mei 2010 begin werk. Dit het die Kuiper-lugsterrewag opgevolg. Gedurende SARA se nagtelike vlugte van 10 uur elk bestudeer dit magneetvelde, stervormende streke, komete, newels en die galaktiese sentrum.

  1. "SOFIA Science Center". Universities Space Research Association. Besoek op 25 Desember 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search