Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel

Sagittarius- Elliptiese
Dwergsterrestelsel
Soort stelsel Elliptiese dwergsterrestelsel
Sterrebeeld Boogskutter (Sagittarius)
Tipe dSph(t)
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 55m 19,5s
Deklinasie -30º 32' 43"
Skynmagnitude (m) 4,5
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 65 000
Skynbare grootte 450′ × 216′
Rooiverskuiwing 140 ± ? km/s
Besonderse kenmerke Melkwegsatelliet
Ander name Sag DEG, Sgr dSph, Sgr I-dwerg
Lugkoördinate
18h 55m 19.5s, −30° 32′ 43″
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel of Sag DEG is ’n satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Boogskutter (Sagittarius ). Dit bestaan uit vier bolvormige sterreswerms, waarvan die hoofswerm in 1994 ontdek is. Sag DEG is sowat 10 000 ligjare in deursnee en is tans sowat 70 000 ligjare van die Son en 50 000 ligjare van die kern van die Melkweg, waarom dit wentel. Dit moenie verwar word met die Sagittarius- Onreëlmatige Dwergsterrestelsel of Sag DIG nie – dié is ’n klein stelsel sowat 3,4 miljoen ligjare van hier.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search