Sakse

Freistaat Sachsen
Swobodny stat Sakska
Vrystaat Sakse
Landsvlag Landswapen
(Besonderhede) (Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits en Opper-Sorbies
Hoofstad: Dresden
Stigting: 3 Oktober 1990
Oppervlakte: 18 449,99 km² (10de)[1]
Bevolking: 4 072 691 (6de) (30 September 2019)[2]
Bevolkingsdigtheid: 220 inwoners / km² (8ste)
BBP
 - Totaal
 - % Verandering teenoor vorige jaar
2018
126,364[3]  miljard €
3,3 % (2017)
Volkslied (Landeshymne): geen
Skuldlas per inwoner: 291 € (30 September 2019)
Totale skuldlas: 1,189 miljard € (30 September 2019)[4]
Werkloosheidsyfer: 5,2 % (Desember 2019)[5]
ISO 3166-2: DE-SN
Amptelike webwerf: www.sachsen.de
Politiek
Eerste minister: Michael Kretschmer (CDU)
(sedert 13 Desember 2017)
Regerende partye: CDU, Bündnis 90/Die Grünen en SPD
Setels in die parlement (Landtag)
(119 setels)
(2014: 126 setels):
CDU 45 (2014: 59)
AfD 38 (14)
Die Linke 14 (27)
Bündnis 90/Grüne 12 (8)
SPD 10 (18)
Laaste verkiesing: 1 September 2019
Volgende verkiesing: 2024
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 4 (van 69)
Kaart

Die Vrystaat Sakse (Duits: Freistaat Sachsen, Opper-Sorbies: Swobodny Stata Sakska) is 'n deelstaat in die suidooste van Duitsland. Dresden is die hoofstad en Leipzig is met 531 582 inwoners die grootste stad van Sakse.

Gebiedsveranderinge in 1815 en die Vrystaat Sakse binne sy huidige grense vanaf 1990

Die deelstaat grens in die ooste aan Pole, aan die Tsjeggiese Republiek in die suide, die deelstate Brandenburg, Sakse-Anhalt en Thüringen in die noorde en weste, en – oor 'n afstand van sowat 25 km in die suide – aan die deelstaat Beiere.

Duitse setlaars het hulle vanaf die 11de eeu in die gebied van die huidige deelstaat gevestig. In die volgende ses eeue het Sakse sy staatsgebied steeds verder uitgebrei om een van die magtigste moondhede binne die losse verbond van Duitse state te word wat gesamentlik die Heilige Romeinse Ryk gevorm het. Op die hoogtepunt van sy mag het die Koninkryk Sakse ook die gebied van die huidige deelstaat Thüringen en groot dele van Silesië ('n streek wat tans deel uitmaak van Pole) ingesluit.

Ná die Napoleontiese Oorloë aan die begin van die 19de eeu is uitgestrekte landsdele in die weste en noorde in 1815 aan Sakse se groot politieke mededinger Pruise afgestaan, terwyl gebiede oos van die Neiße-rivier in 1945 onder Poolse administrasie gekom het. Die rivier vorm sedertdien 'n natuurlike oostelike grens met Pole. Die regerende dinastie van die Huis van Wettin het in 1919 met die ineenstorting van die politieke strukture van die Duitse Keiserryk afstand van die Saksiese troon gedoen. Sakse dra sedertdien – as een van slegs drie Duitse deelstate naas Beiere en Thüringen – die (suiwer seremoniële) titel Vrystaat.[6]

Tradisioneel vorm die streek rondom Chemnitz en Zwickau die industriële hartland van Sakse. Die oorspronge van die Saksiese motorbedryf, wat steeds meer as 'n derde van die deelstaat se uitvoere na die buiteland verteenwoordig en aangedryf word deur nuwe aanlegte van BMW en Porsche, strek terug tot in die laat 19de eeu. Ander belangrike bedrywe sluit masjienbou, chemie en biotegnologie in. Dresden het reeds in die tyd van die Duitse Demokratiese Republiek tot 'n spilpunt van die mikroëlektronikabedryf gegroei. Vandag word hier die grootste konsentrasie van ondernemings in dié bedryf in Europa (en vyfde grootste ter wêreld) aangetref wat aan die deelstaat die Engelse bynaam Silicon Saxony besorg het.[7]

  1. (de) regionalstatistik.de: Regionaldatenbank des Bundesamtes für Statistik, besoek op 15 Januarie 2020
  2. (de) statistik.sachsen.de Bevölkerung – Sachsen, besoek op 15 Januarie 2020
  3. (de) de.statista.com: Bruttoinlandsprodukt von Sachsen von 1991 bis 2018, besoek op 15 Januarie 2020
  4. (de) de.statista.com: Schulden der Bundesländer in Deutschland am 30. September 2019, besoek op 15 Januarie 2020.
  5. (de) Bundesrepublik Deutschland Geargiveer 16 Maart 2019 op Wayback Machine In: statistik.arbeitsagentur.de. Statistik der Bundesagentur für Arbeit, besoek op 15 Januarie 2020.
  6. (de) Derek Lewis (red.): Contemporary Germany. A Handbook. London: Hodder Arnold 2001, bl. 57
  7. (de) Standort Sachsen: Industriestandort. Besoek op 29 Mei 2018

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search