Salaah

Vyf Pilare van die Islam

Salaah (Arabies: صلوات ,صلاة) is die praktyk van gebed in die Islam. Dit is een van die Vyf Pilare van die Islam, die belangrikste pligte vir Moslems. Om salaah te maak moet 'n persoon se gedagtes in 'n toestand van rituele suiwerheid wees, wat van 'n staat van ablusie (wuḍū) afkomstig is. Ander, minder gebruiklike, woorde is soembain,[1] sombaing en sombajang.[2]

Soenni-Moslems moet elke dag op vyf tye salaah maak. Hierdie tye word deur die beweging van die son bepaal. Die oproep tot gebed (athaan) is noodsaaklik voor elke verpligte gebed.

Die profeet Mohammed het gesê: "Iemand wat Allah se plesier soek en met geloof op die athaan reageer, sal in die Paradys toegelaat word."

  1. (af) (en) The Cape Muslim Vernacular – ek soembain gou dot kom. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 16 Maart 2019.
  2. "Salaah" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 18 November 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search