Salman Rushdie

Salman Rushdie
Rushdie in Mei 2014
Gebore
Ahmed Salman Rushdie

19 Junie 1947 (1947-06-19)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma materKing's College, Universiteit van Cambridge
BeroepSkrywer
Bekend virMidnight's Children (1981)
The Satanic Verses (1988)
The Moor's Last Sigh (1995)
Shalimar the Clown (2005)
The Enchantress of Florence (2008)
EggenootClarissa Luard, Marianne Wiggins, Elizabeth West, Padma Lakshmi
Webwerfwww.salmanrushdie.com Edit this at Wikidata

Sir Ahmed Salman Rushdie (gebore 19 Junie 1947) is 'n Brits-Indiese romanskrywer en essayis.[1] Sy tweede roman, Midnight's Children, het in 1981 die Booker-prys gewen. Sy omstrede vierde roman, The Satanic Verses, het internasionaal opspraak gewek toe die ajatolla Roeholla Chomeini as gevolg daarvan 'n fatwa vir Rushdie se teregstelling op 14 Februarie 1989 uitgevaardig het.

Rushdie woon sedert 2000 in Amerika, waar hy by die Emory-universiteit werksaam was. Hy is verkies tot die American Academy of Arts and Letters. In 2012 publiseer hy Joseph Anton: A Memoir, wat sy lewe beskryf in die nasleep en omstredenheid oor The Satanic Verses.

Op 12 Augustus 2022 is Rushdie tydens 'n toespraak in New York aangeval. 'n Man het na die verhoog gehardloop en Rushdie verskeie kere gesteek net voordat hy geskeduleer was om 'n lesing in Chautauqua, New York te lewer.[2] Op 23 Oktober 2022 het Andrew Wylie, sy agent berig dat Rushdie sig in een oog en die gebruik van een hand verloor het, maar die moordpoging oorleef het.[3][4]

  1. "'That the world that you knew, and that in a way made you – that world vanishes. I don't think I'm alone in that,' says Salman Rushdie". 2 Augustus 2019.
  2. Gelles, David; Root, Jay; Harris, Elizabeth (12 Augustus 2022). "Live Updates: Salman Rushdie Is Stabbed During Speech in Western New York". The New York Times. Besoek op 12 Augustus 2022.
  3. Altares, Guillermo (22 Oktober 2022). "Andrew Wylie, 'The Jackal' of books: 'Amazon is like ISIS; it takes no prisoners'". EL PAÍS English Edition (in Engels (VSA)). Besoek op 24 Oktober 2022.
  4. Jones, Sam (23 Oktober 2022). "Salman Rushdie has lost sight in one eye and use of one hand, says agent". the Guardian. Besoek op 23 Oktober 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search