Sand du Plessis-teaterkompleks

Sand du Plessis-teaterkompleks
Stad of dorp Bloemfontein
Land Suid-Afrika
Sitplekke Sowat 1 260
Geopen 1 Augustus 1985

Die Sand du Plessis-teaterkompleks is geleë in Markgraaffstraat, Bloemfontein. Dit is ’n groot, veeldoelige teatersentrum wat op 1 Augustus 1985 geopen is[1] as die tuiste van die Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat (Sukovs). Dit beslaan ’n hele straatblok en bestaan uit twee formele ruimtes. Dit is genoem na Sand du Plessis, eertydse administrateur van die Vrystaat.[2] Die hoofingenieur van die projek was Henk Boting.

Die hoofteater het 964 sitplekke en kan aangepas word vir groot aanbiedings van drama, musiekspele, popkonserte, opera, ens. Dit is geopen met Verdi se Nabucco en Shakespeare se The Merchant of Venice.

  1. The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 22 Februarie 2013
  2. Ag sies!, Ons Stad, 16 Junie 2010[dooie skakel] URL besoek op 23 Februarie 2013

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search