Schalk Pienaar (joernalis)

Schalk Pienaar, toe hy redakteur van Die Beeld was in die middel sestigerjare.

Schalk Pienaar (Merweville, 28 Julie 1916 - Kaapstad, 12 Oktober 1978) was 'n Suid-Afrikaanse politieke waarnemer, joernalis en koerantredakteur wat veral onthou word vir die moed wat hy aan die dag gelê het om die destydse Nasionale regering te kritiseer vir sy apartheidsbeleid in 'n tyd toe die meeste Afrikaanse koerante regeringsbeleid slaafs ondersteun het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search