Schoof-kabinet

Eerste minister Dick Schoof

Die Schoof-kabinet is die huidige regering van Nederland.

Die kabinet bestaan sedert 2 Julie 2024 en is saamgestel uit vier partye: Party vir die Vryheid (PVV), Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD), Nuwe Sosiaal Kontrak (NSC) en BoerBurgerBeweging (BBB).

Hierdie kabinet beskik oor 88 setels in die Tweede Kamer en oor 30 setels in die Eerste Kamer.

Dick Schoof (partyloos) is die eerste minister, die adjunk-premiers is Fleur Agema (PVV), Sophie Hermans (VVD), Eddy van Hijum (NSC) en Mona Keijzer (BBB).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search