See van Azof

See van Azof

Nasa-Satellietbeeld van die See van Azof

Kaart van die See van Azof
Koördinate:46°N 37°O / 46°N 37°O / 46; 37
Ligging:Rusland, Oekraïne
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:39 000 km² (15 000 myl²)[1]
Gemiddelde diepte:7 m (23 vt)[1]
Maksimum diepte:14 m (46 vt)[1]
Volume:290 km³[1]
Lengte:360 km (220 myl)[1]
Breedte:180 km (110 myl)[1]
Invloei:Don, Koeban
Uitvloei:Swartsee

Die See van Azof (Russies: Азо́вское мо́ре, Azofskoje more; Oekraïens: Азо́вське мо́ре, Azofske more, Krim-Tataars: Azaq deñizi), in die klassieke oudheid bekend as die Maeotis-meer, is ’n see in die suide van Oos-Europa. Dit word in die suide deur die smal Kertsj-seestraat (sowat 4 km) aan die Swartsee verbind en grens in die noorde aan die Oekraïne, in die Ooste aan Rusland, en in die weste aan die Oekraïense Krim-skiereiland. Die belangrikste riviere wat in die See van Azof vloei, is die Don en Koeban. Dit is die vlakste see in die wêreld met ’n diepte wat wissel tussen 0,9 m en 14 m.[1][2][3][4][5] Water vloei voortdurend uit die See van Azof in die Swartsee in.

Die see word grootliks beïnvloed deur verskeie riviere wat daarin vloei en sand, slik en skulpe daarin stort. So word talle baaie, limans en smal uithamme gevorm. Vanweë hierdie neerslag is die seebodem taamlik glad en plat, met die diepte wat algaande toeneem na die middel van die see. Nog ’n gevolg is dat die see langsamerhand vlakker word. As gevolg van die baie rivierwater het die see ook ’n lae soutinhoud en bevat dit baie biologiese materie soos groen alge, wat die water se kleur beïnvloed. Volop plankton sorg dat die see baie vis het. Die kuslyn en inhamme is baie laag en ryk aan plantegroei en voëls.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 Kostianoy, bl. 65
  2. The New Encyclopædia Britannica. Vol. 1. 2005. p. 758. ISBN 1-59339-236-2. With a maximum depth of only about 46 feet (14 m), the Azov is the world's shallowest sea
  3. Academic American encyclopedia. Vol. 1. Grolier. 1996. p. 388. ISBN 0-7172-2064-8. The Azov is the world's shallowest sea, with depths ranging from 0.9 to 14 m (3 to 46 ft)
  4. "National Geographic". 185. National Geographic Society. 1994: 138. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  5. Earth from space Geargiveer 10 Mei 2011 op Wayback Machine, NASA

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search