Seeus

Seeus
Zeêuws
Gepraat in: Vlag van Nederland Nederland 
Gebied: Zeeland
Totale sprekers: 220 000 (eerste taal)
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Nederfrankies
    Seeus
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: zea 
Streek waar Seeus gebesig word (kleur: sanderig) tussen die ander minderheidstale, streekstale en dialekte in die Benelux
Seeus

Seeus of Zeeus (Zeêuws in Seeus, Zeeuws in Nederlands) is ’n streekstaal wat aan die Nederlandse Zeeland-provinsie en op die Zuid-Hollandse eiland, Goeree-Overflakkee, gepraat word. Alhoewel die taal soms bloot as 'n Nederlandse dialek beskou word, verskil Seeus opmerklik ten opsigte van uitspraak, grammatika en woordeskat van Standaard-Nederlands, wat dit onder die deursnit Nederlandstaliges moeilik verstaanbaar maak. Seeus word deur sommige waarnemers as 'n deel van Wes-Vlaams gereken.[1]

  1. Marco Evenhuis. "Zeelandic". Language in the Netherlands. Streektaal.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2007. Besoek op 3 Junie 2007. Together with West-Flemish and the Flemish spoken in northern France, Zeeuws is part of a cluster of remarkably homogenic dialects. Nederlandse weergawes: Zeeuws Geargiveer 14 November 2020 op Wayback Machine of as 'n pdf Geargiveer 13 November 2020 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search