Seldeling

Mitose - Anafase

Seldeling is die proses waardeur twee nuwe dogterselle uit een sel (die moedersel) ontstaan nadat die inhoud van die moederkern tot twee identiese stelle materiaal vermeerder het. Seldeling maak die groei en ontwikkeling van organismes moontlik.

Eensellige organismes gebruik seldeling om voort te plant, terwyl meersellige organismes spesiale geslagselle deur ʼn besondere tipe seldeling (meiose) ontwikkel. Wanneer die selle versmelt, ontstaan 'n nuwe individu. Die delingstempo kan wissel na gelang van weefseltipe, organisme en omstandighede. Die groei en voortplanting van meersellige organismes is alleen moontlik danksy die delingsvermoë van hul selle. Selle kan gevind word in jong weefsels wat verskillende stadia van deling toon.

Die proses waartydens selle deel om te vermeerder, word mitose genoem en vind plaas in die liggaamselle (somatiese selle) van meersellige organismes. Eensellige organismes soos bakterieë en sommige wiere vermeerder deur seldeling. 'n Ouersel deel in twee identiese dogterselle, wat op dieselfde manier nuwe individue vorm. Meersellige organismes het ʼn spesiale tipe seldeling ontwikkel, naamlik meiose, waartydens geslagselle (gamete) in die geslagsorgane (gonades) gevorm word. Uit die versmelting van 'n vroulike en manlike geslagsel ontstaan 'n nuwe individu.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search