Sesjat

Sesjat
Sesjat, uitgebeeld in ’n tiervel, het die bewindsjare van die farao's op ’n palmtak aangeteken.
Sesjat, uitgebeeld in ’n tiervel, het die bewindsjare van die farao's op ’n palmtak aangeteken.
Soort godin  Egipties
Godin van Skrif en wysheid
Naam in hiërogliewe
S29N37G1X1G7
Simbool Onbekende simbool met sewe punte
Ouers Ra (soms)
Sibbes Dalk Maät
Metgesel Thoth (soms)
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Sesjat (ook gespel Seshat, Safchet, Sesjata ens.) was in die Egiptiese mitologie die godin van wysheid, kennis en skrif. Sy is beskou as ’n skriba en boekhouer en die een wat skrif ontdek het. Sy is ook later verbind met landbou, sterrekunde, astrologie, bouwerk, wiskunde en landmeting. Dit is alles beroepe wat op haar talente staatmaak. In sommige laat tekste is sy Safech-Aoebi genoem.[1]

  1. Encyclopedia of Religion and Ethics – James Hastings – Google Boeken. Books.google.com. Besoek op 23 Januarie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search