Sesnasies-toernooi

Sesnasies-toernooi
Sesnasies 2024
Beskrywing.
Die trofee waarom meegeding word

Sportsoort Rugby
Gestig 1883 (as Tuisnasies)
1910 (as Vyfnasies)
2000 (as Sesnasies)
Eienaar RFU, FFR, IRFU, FIR, SRU, WRU
Inwydingseisoen 1883 (Tuisnasies)
1910 (Vyfnasies)
2000 (Sesnasies)
Deelnemende lande Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Frankryk Frankryk
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland
Vlag van Italië Italië
Vlag van Skotland Skotland
Vlag van Wallis Wallis
Aantal spanne 6
Mees onlangse kampioen Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland (2024)
Verwante kompetisies Grand Slam
Driekroon
Calcuttabeker
Millenniumtrofee
Eeufees-quaich
Giuseppe Garibaldi-trofee
Auld Alliansie-trofee
Doddie Weir-beker
Cuttittabeker
Borg(e) Guinness

Die Sesnasies-toernooi[a] is ’n jaarlikse rugbytoernooi tussen ses Europese spanne: Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis. Die kompetisie word geborg deur die Ierse brouery Guinness. Die huidige kampioen is Ierland, wat die 2024-toernooi gewen het.

Die Sesnasies is die opvolger van die Vyfnasies-toernooi (1910–’31 en 1947–’99) wat op sy beurt die opvolger van die Tuisnasies-toernooi (1883–1909 en 1932–’39) is. Die Tuisnasies-toernooi, gespeel tussen spanne van Engeland, Ierland, Skotland en Wallis, was die eerste internasionale rugbytoernooi.[1] Daar word soms nieamptelik in die media na die wenner van die Sesnasies-toernooi as die Europese of Noordelike Halfrond-kampioen verwys.

Engeland en Wallis hou die rekord vir die meeste volslae toernooititels van die Tuisnasies, Vyfnasies en Sesnasies-toernooie met 39 titels, maar Engeland het met 29 die meeste ongedeelde titels gewen. Sedert die Sesnasies in 2000 ’n aanvang geneem het, het slegs Italië en Skotland die toernooi nog nie gewen nie. Skotland het wel die laaste toernooi van die Vyfnasies in 1999 gewen.

  1. Godwin (1984), bl. 1. Die eerste Tuisnasies Internasionale Toernooi is in 1883 gespeel. Geen ander span van die Noordelike Halfrond het in ’n erkende internasionale wedstryd gespeel totdat Frankryk in 1906 teen Nieu-Seeland gespeel het nie.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search