Shaun Pollock

Shaun Pollock
Shaun Pollock in 2005
Volle naam Shaun Maclean Pollock
Gebore 16 Julie 1973 (1973-07-16)
Port Elizabeth, Suid-Afrika
Bynaam(e) Polly
Lengte 1,88 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm medium-vinnig
Rol Veelsydig, kaptein
Familie Andrew (oupa); Peter (vader); Graeme (oom)
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 261) 16 November 1995 v Engeland
Laaste Toets 10 Januarie 2008 v Wes-Indië
EDI debuut (no 39) 9 Januarie 1996 v Engeland
Laaste EDI 3 Februarie 2008 v Wes-Indië
EDI hempno. 7
T20I debuut (no 10) 21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland
Laaste T20I 18 Januarie 2008 v Wes-Indië
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
1992/93–2003/04 Natalse krieketspan
1996–2002 Warwickshire
2004/05 Dolfyne
2008 Mumbai Indians
2008 Durham
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang A-lys
Wedstryde 108 303 186 435
Lopies aangeteken 3 781 3 519 7 021 5 494
Kolfgemiddeld 32.31 26.45 33.11 26.66
100s/50s 2/16 1/14 6/35 3/24
Hoogste telling 111 130 150* 134*
Aflewerings geboul 24 353 15 712 39 067 21 588
Paaltjies 421 393 667 573
Boulgemiddeld 23.11 24.50 23.25 22.93
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 16 5 22 7
10 paaltjies in 'n wedstryd 1 0 2 0
Beste boulontleding 7/87 6/35 7/33 6/21
Vangskote/Stonkings 72/– 108/– 132/– 153/–
Bron: ESPNcricinfo, 31 Desember 2013

Shaun Pollock OIS (16 Julie 1973 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en kaptein van die Proteas. Pollock het saam met Allan Donald jare lank 'n indrukwekkende boul-vennootskap gevorm. Van 2000 tot 2003 was hy die kaptein van die Proteas. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999, 2003 en 2007, die T20I-wêreldbeker 2007, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004 en 2006 vir Suid-Afrika gespeel.

Op 11 Januarie 2008 het hy sy aftrede van alle vorme van internasionale krieket aangekondig na sy 303ste Internasionale eendagwedstryd op 3 Februarie.[1] Hy doen nou vir SuperSport verslag oor Suid-Afrikaanse krieket. Shaun Pollock is in November 2021 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[2]

  1. (en) "Pollock announces his retirement". BBC. 11 Januarie 2008. Besoek op 13 November 2021.
  2. (en) "Janette Brittin, Mahela Jayawardene and Shaun Pollock inducted into ICC Hall of Fame". ESPNcricinfo. 13 November 2021. Besoek op 13 November 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search