Shtetl

Die shtetl Pinsk, 1903
'n Rekontruksie van 'n shtetl in die Suid-Afrikaanse Joodse Museum, Kaapstad.
Die binnekant van een van die houtwonings in die rekonstruksie van 'n shtetl in die Joodse Museum in Kaapstad.

Shtetl (Jiddisj שטעטל, soms ook sjtetl,[1] uitgespreek sjtetl; meervoudsvorm שטעטלעך, shtetls; vergelyk die Duitse diminutief Städtlein, "stadjie") is 'n term wat voor die Tweede Wêreldoorlog gebruik is om na nedersettings (dikwels markdorpe) in Oos-Europa met 'n groot Joodse Jiddisjsprekende bevolkingsaandeel te verwys.[2]

  1. Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is die spelling shtetl meer gebruiklik in Afrikaans as sjtetl.
  2. The YIVO Encyclopedia of Jews in Eastern Europe: Shtetl. Besoek op 20 November 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search