Siaan

#00FFFF

Siaan is 'n suiwer spektrale kleur, maar dieselfde tint kan ook voortgebring word deur gelyke hoeveelhede groen en blou lig te meng. Siaan is dus die komplement van rooi: siaanpigmente absorbeer rooi lig. Siaan word soms ook blougroen genoem, en word dikwels nie van ligblou onderskei nie.

'n Voorbeeld van 'n siaankleur in die RGB-kleurspasie het sterktes <0, 255, 255> op 'n 0 tot 255 skaal.

Siaan is een van die algemene inkstowwe wat in vierkleurdrukwerk gebruik word, tesame met magenta, geel en swart; hierdie stel kleure word na verwys as "CMYK".

Sekere tinte in verwante spektra wat sterk met siaan ooreenkom, is turkoois, neonblou en akwamaryn.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search