Silikaat

Eienskappe

Algemeen

Naam Silikaat  
Lys van anione

'n Silikaat is in die chemie eintlik 'n sout wat die tetraëdriese komplekse ioon SiO44- bevat ('n ortosilikaat), maar die naam silikaat word gebruik vir die volle klas verbindings wat uit tetraëdriese SiO4-eenhede opgebou is. Die ortosilikaatioon is die suurres van ortokieselsuur H4SiO4, wat 'n baie swak suur met amfotere eienskappe is. Dit word daarom dikwels ook as die basis Si(OH)4 geskryf.

Baie silikate word in die natuur as minerale gevind, maar hulle kan ook chemies in die laboratorium vervaardig word. Die mineralogiese name is nie dieselfde as die chemiese name nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search