Silkaats

Mzilikazi Khoemalo
Koning van die Ndebele
Silkaats, stigter en koning van die Ndebele
Dinastie Huis van Khoemalo
Bewind omstreeks 1823 – 1868
Kroning omstreeks 1820
Volle naam Mzilikazi Khoemalo
Gebore omstreeks 1790
Mkuze, Suid-Afrika
Gesterf 9 September 1868
Matebeleland
Begrawe 4 November 1868
Entoembane, Matobo-gebergte, Zimbabwe
Voorganger geen
Opvolger Lobengoela
Gade Oemoaka en verskeie ander
Kinders Lobengoela (seun), Nkoeloemane (seun)
Vader Matsjobana kaMangete
Moeder Nompethoe kaZwide

Silkaats (ong. 1790 tot ong. 9 September 1868), ook bekend as Mzilikazi, Oemsiligasi of Moselekatse, was die eerste koning van die Ndebele, wat by die binnelanders (Sothos ens.) as die maTebele bekend was.[1] Silkaats was die seun van Matsjobana, hoofman van die klein Khoemalo-stamgroep, wie se tuiste tussen die magsfere van die Ndwandwes en Mthetwas van Zoeloeland ingewig was. Silkaats het 'n antagonis van die Zoeloenasie geword, grootliks tot die mfecane bygedra, en het die politieke toneel in suider-Afrika herskik.

  1. Die volkstaal van die maTebele was siTebele, 'n dialek van Zoeloe, waarvan die woordeskat danksy die interaksie met ander nasies vergroot is.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search