Sinai

Die Sinai-skiereiland met die Golf van Suez in die weste en die Golf van Akaba in die ooste vanuit die ruimte gesien, 2007
Kaart van die Sinai-skiereiland met die Golf van Suez in die weste en die Golf van Akaba in die ooste

Sinai (Arabies: سيناء) is 'n skiereiland in Egipte, en die enigste deel van die land wat in Asië geleë is. Dit het 'n oppervlakte van 61 000 km² en lê tussen die Middellandse See in die noorde en die Rooisee in die suide. In die weste is die Suezkanaal en die Golf van Suez, in die ooste is die Golf van Akaba en die grens tot Israel geleë. Sinai is veral bekend vir die Sinaiberg, waar Moses volgens die Bybel die Tien Gebooie van God ontvang het, en die Sint-Katarinaklooster, wat tussen 548 en 565 gestig is. Die Sinaiberg is 'n heilige plek vir Jode, Christene en Moslems.

Belangrike hawestede sluit in Taba in Egipte en Eilat in Israel. Sharm El Sheikh is die bekendste vakansieoord van Sinai.

Sinai is Egipte se driehoekige skiereiland en vorm 'n brug tussen Asië en Afrika. Dit word met die res van Egipte verbind deur die Landengte van Suez, maar word terselfdertyd deur die Suezkanaal van Afrika geskei. Geografies is Sinai dus in Asië. Die hele skiereiland is woestyn, en vanweë sy ligging tussen die Sahara (Egipte se oostelike woestyn wat aan Sinai grens is deel van die Sahara), die Israeliese Negev-woestyn en die Groot Arabiese Woestyn in die Arabiese Skiereiland is dit deel van 'n baie groot woestyngebied.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search