Sint-Pauleiland

Sint-Pauleiland
Île Saint-Paul
(Frans)
(Vlag van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede) (Wapen van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede)
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité
Ligging van die Sint-Pauleiland en die Amsterdameiland in die suidelike Indiese Oseaan
Ligging van die Sint-Pauleiland en die Amsterdameiland in die suidelike Indiese Oseaan
Kaart van die Sint-Pauleiland
Kaart van die Sint-Pauleiland
Amptelike tale Frans
Hoofstad Geen
Grootste stad Geen
Oppervlakte
 - Totaal
8 vk km
Bevolking
 - Totaal
 - Bevolkingsdigtheid
0
0/vk km
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone UTC: UTC +10
Volkslied La Marseillaise

Sint-Pauleiland (Frans: Île Saint-Paul) is 'n afgeleē, uiters klein eiland in die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede in die Indiese Oseaan, omtrent 85 km (53 myl) suid van die eiland se groter eweknie, Amsterdameiland. Dit is geleë by 38°43′19″S, 77°31′44″O, ongeveer 3000 km van enige kontinent en omtrent halfpad tussen Suid-Afrika en Australië. Dit is 'n rotsagtige eiland nêrens meer as 12 km (7 myl) in deursnee nie, grootliks ontbrekend in bome en onbewoon. Sint-Pauleiland is 'n vulkaniese eiland wat ontstaan het as gevolg van 'n verskuiwing wat die Indiese Oseaan van die Arktiese Oseaan skei. Die eiland bestaan uit die hoofeiland en die La Roche Quille eilandrots. Sint-Paul het 'n driehoekige vorm en bevat 'n goed bewaarde ronde krater met 'n opening na die see aan die noordoostelike kant. Die kratermure en die noordoostelike kus bestaan uit styl kranse waarvan sommige tot 200 m hoog is. Die hoogste punt op die eiland is 264m hoog.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search