Sirius

Sirius
So lyk Sirus aan die nagruim.
So lyk Sirus aan die nagruim.
Sterrebeeld Groot Hond
Bayer-naam α Canis Majoris
Spektraaltipe A0mA1 Va / DA2
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 6h 45m 8,9173s
Deklinasie -16° 42′ 58,017″
Skynmagnitude (m) −1,47 / 8,3
Besonderhede
Massa (M) 2,02 / 0,978
Radius (R) 1,711 / 0,0084
Ligsterkte (L) 25,4 / 0,026
Ouderdom (jaar) 2–3 × 108
Temperatuur (K) 9 940 / 25 200
Afstand (ligjaar) 8,6
Eienskappe
Veelvoudigheid Dubbelster
Ander name
Stelsel: Hondster, 9 Canis Majoris (9 CMa), HD 48915, HR 2491, BD −16°1591, GCTP 1577.00 A/B, GJ 244 A/B, LHS 219, ADS 5423, LTT 2638, HIP 32349.
B: EGGR 49, WD 0642-166
Die ligging van Sirius (in die rooi sirkel).
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Sirius is die helderste ster aan die naghemel en in die sterrebeeld Groot Hond (Canis Major). Met sy skynbare helderheid van -1,46, is dit byna twee keer so helder as Canopus, die tweede helderste ster. Die naam Sirius is afgelei van die Antieke Griekse Σείριος (seirios: "gloeiend" of "skroeier"). Dit word ook Alpha Canis Majoris (α CMa) genoem. Wat vir die blote oog soos ’n enkele ster lyk, is inderwaarheid ’n dubbelster – dit bestaan uit ’n wit hoofreeksster van spektraaltipe A1V, genoem Sirius A, en ’n dowwe witdwerg van spektraaltipe DA2, genoem Sirius B. Die afstand tussen die twee sterre wissel tussen 8,1 en 31,5 AE.[1]

  1. Schaaf, Fred (2008). The Brightest Stars. Hoboken, New Jersey: John Wiley & Sons. p. 94. ISBN 0-471-70410-5. Besoek op 23 Julie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search