Sjepseskare

Sjepseskare
Sjepseskare Isi, Sisires
Farao van die 5de Dinastie
Periode  Omstreeks 2463-2445 v.C.
Voorganger  Neferirkare (?)
Opvolger  Neferefre (?)
Sjepseskare in Egiptiese hiërogliewe
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
R8wwsr s
r
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
raA50sskA
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Sjepseskare (ook bekend as Sjepseskare Isi en onder die Hellenistiese naam Sisires volgens Manetho) was ’n Egiptiese farao van die 5de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Sommige kenners glo hy het van omstreeks 2455 tot 2448 v.C. regeer.[1] Sy troonnaam beteken "Edel is die siel van Ra".[2]

Hy is een van die farao's met die kortste bewind en sommige Egiptoloë soos die Tsjeg Miroslav Verner glo hy het net ’n paar maande lank regeer na aanleiding van sy onvoltooide piramide by Aboesir, waarvan die basis skaars voltooi was voor werk gestaak is, asook vanweë die min artikels wat die koning noem. Tog dui sowel die Turynse Koningslys as Manetho sy bewind as sewe jaar aan.

  1. Shaw, Ian, red. (2000). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. p. 480. ISBN 0-19-815034-2.
  2. Peter Clayton, Chronicle of the Pharaohs, Thames and Hudson, 1994. p.61

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search