Sjerpa

Sjerpa

'n Nepalese Sjerpa en sy pakkasie
Totale bevolking: ca. 276 700
Belangrike bevolkings  in: Nepal, Volksrepubliek China (Tibet), Bangladesj, Bhoetan, Indië (Sikkim, Arunachal Pradesh, Assam, Darjeeling)
Taal: Sjerpa, Nepalees
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Boeddhisme (93%) en minderhede van Hindoeïsme, Bön, Christendom
Verwante etniese groepe: Ander Sino-Tibettaanse volke soos Hyolmo en Jirels

Die woord Sjerpa (Tibettaans: ཤར་པ, Wylie: shar pa; letterlik: "oostelike volk", afgelei van Shyar, "oos" en Pa, "volk"; verwysende na hul oostelike tuiste binne-in Nepal) het aanvanklik na 'n etniese groep uit die mees bergagtige dele van Nepal, hoog in die Himalajas, verwys. In die Volksrepubliek China staan hulle bekend as Xiaerba. Die Chinese regering klassifiseer hulle egter as Tibettane. In die afgelope paar jaar het baie Sjerpas na Indië geëmigreer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search