Sjikokoe

Sjikokoe
Inheemse naam: 四国
Shikoku-eiland, Japan
Shikoku-eiland, Japan
Geografie

Ligging Oos-Asië
Koördinate 33°45′N 133°30′O / 33.750°N 133.500°O / 33.750; 133.500Koördinate: 33°45′N 133°30′O / 33.750°N 133.500°O / 33.750; 133.500
Argipel Japanse Argipel

Oppervlakte 18 800 km²
Hoogste punt Ishizuchi 1 982 m
Administrasie
Vlag van Japan Japan
Prefekture Ehime, Kagawa, Kochi, Tokushima

Grootste stad Matsuyama (514 865)

Demografie
Bevolking 3 845 534

Bevolkingsgroepe Japanners

Sjikokoe (Japannees: 四国, , letterlik: "Vier provinsies") is die kleinste (225 km lank en tussen 50 km en 150 km wyd) en het die kleinste bevolking (3 845 534 teen 2015) van die vier hoofeilande van Japan. Dit is suid van die eiland Honsjoe en oos van Kioesjoe geleë. Die eiland se antieke name sluit in Iyo-no-futana-shima (伊予之二名島), Iyo-shima (伊予島) en Futana-shima (二名島). Die huidige naam verwys na die vier voormalige provinsies waaruit die eiland bestaan het: Awa, Tosa, Sanuki en Iyo.

Nasa-Satellietbeeld van Sjikokoe

Sjikokoe vorm saam met Hokkaido, Honsjoe en Kioesjoe die vier hoofeilande van die Japanse Argipel tussen die See van Japan in die weste en die oop Stille Oseaan in die ooste. Dié eiland grens in die noorde aan die Binnelandse See en in die suide aan die Filippynse See.[1]

Sjikokoe se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.

Shikoku is 225 km lank en tussen 50 en 150 km breed.[2]

  1. "Shikoku" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2019. Besoek op 12 Augustus 2017.
  2. "Shikoku and Awaji Island" (PDF). Japan National Tourism Organization. September 2011. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2013. Besoek op 2 Mei 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search