Skaaldier

Skaaldiere
Abludomelita obtusata
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Crustacea

Brünnich, 1772
Klasse & Subklasse

Thylacocephala?

Branchiopoda

Phyllopoda
Sarsostraca

Remipedia
Cephalocarida
Maxillopoda

Thecostraca
Tantulocarida
Branchiura
Pentastomida
Mystacocarida
Copepoda

Ostracoda

Myodocopa
Podocopa

Malacostraca

Phyllocarida
Hoplocarida
Eumalacostraca

Skaaldiere of krustaseë (Crustacea) is 'n groot groep geleedpotiges (Arthropoda), wat uit byna 52 000 spesies bestaan[1] en gewoonlik as 'n subfilum behandel word.[2] Die groep sluit 'n aantal bekende diere in, soos krappe, krewe, garnale, planktonkrefies en eendmossels. Die oorgrote meerderheid skaaldiere is waterliewend en kom óf in see- óf varswatergebiede voor. 'n Paar skaaldiere is egter ook aangepas om op land te lewe, soos grondkrappe en houtluise.

Alhoewel die meeste skaaldiere klein is, wissel hulle morfologie drasties en sluit hulle ook groot diere in, soos 70 cm-lange krewe en spinnekopkrappe met 'n uitgestrekte lengte van 4 m.[3]

'n Groot aantal word ook in varswater en op land aangetref. Die kreefagtiges bestaan reeds sedert die Kambrium (sowat 500 miljoen jaar gelede). Hulle word veral van ander geleedpotiges onderskei op grond van hul twee paar voelers (antennae) en hulle spleetpote. Krappe, krewe, garnale, visluise, houtluise, eendmossels en watervlooie is almal skaaldiere.

  1. Martin, JW & Davis, GE (2001). An Updated Classification of the Recent Crustacea (PDF). Natural History Museum of Los Angeles County. pp. 132 pp. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2006. Besoek op 7 Februarie 2009.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. "Crustacea". Integrated Taxonomic Information System. Besoek op 1 Mei 2006.
  3. Encarta Encyclopedia 2005. Article — Crustacean, deur Michael T. Ghiselin

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search