Skakelaar

Elektriese skakelaars. Bo, v.l.n.r: klinkskakelaar/stroombreker, kwikskakelaar, skyfskakelaar, Dubbelinlynpakketskakelaar, oppervlakgemonteerde skakelaar, rietskakelaar, Onder, v.l.n.r: Muurskakelaar, klein wisselskakelaar, inlynskakelaar, drukknopskakelaar, wiegskakelaar, mikroskakelaar

'n Elektriese skakelaar is 'n toestel wat se funksie is om twee geleiers aan mekaar te verbind of die verbinding tussen twee elektriese geleiers te onderbreek. Die bekendste skakelaars is dié wat in gewone huishoudelike toepassings gebruik word om ligte of ander toestelle aan of af te skakel.

Skakelaars word ook dikwels in die elektronika gebruik, in rekenaars en in telekommunikasie. Hierdie toepassings benut gewoonlik elektroniese skakelaars, hierdie artikel konsentreer egter eerder op skakelaars wat tipies in swaarstroomtoepassings soos wat tipies in huise, kantore en fabrieke gebruik word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search