Skerpioen (sterrebeeld)

Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Skerpioen (sterreteken).
Skerpioen
Latynse naam Scorpius
Genitief Scorpii
Afkorting Sco
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 16h
Deklinasie -30º
Grootte 497 vk. grade (33ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 18
Helderste ster Antares (Alfa Scorpii)
Naaste ster Gliese 682
Sterre helderder as 3 m 13
Sterre met planete 3
Messier-voorwerpe 4
Bayer-/Flamsteed-sterre 47
Meteoorreëns Alpha Scorpiids, Omega Scorpiids
Aangrensende sterrebeelde
Boogskutter, Slangdraer, Weegskaal, Wolf, Winkelhaak, Altaar, Suidelike Kroon
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Skerpioen (Latyn: Scorpius) is ’n groot sterrebeeld in die suidelike hemelruim en is deel van die diereriem. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit lê naby aan die middelpunt van die Melkweg.

Die sterrebeeld Weegskaal is in Antieke Griekeland beskou as die kloue van die Skerpioen (Chelae Scorpionis). Latere Grieke het ’n weegskaal gevorm uit hierdie mees westelike sterre wat vasgehou is deur die godin Astraia (die aangrensende Maagd). Die Weegskaal het eers in die tyd van Antieke Rome ’n afsonderlike sterrebeeld geword.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search