Skilster

Pleione in die Plejades is ’n skilster.

’n Skilster is ’n ster met ’n uitsonderlike spektrum wat uiters breë absorpsielyne toon, asook sommige baie smal absorpsielyne. Hulle het gewoonlik ook emissielyne, veral van die Balmerreeks, maar soms ook ander. Die breë absorpsielyne is vanweë die vinnige rotasie van die fotosfeer, die emissielyne vanweë ’n ewenaarskyf (of "skil") en die smal absorpsielyne word gevorm wanneer die skyf byna direk van die kant gesien word.

Skilsterre het sterreklassifikasies van O7,5 tot F5 en ’n rotasiespoed van 200-300 km/s, naby aan die punt waar die rotasieversnelling die ster sal ontwrig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search