Skoonheid

Roosvenster in die Notre Dame de Paris. In die Gotiese argitektuur is lig as die mooiste openbaring van God beskou.

Skoonheid is 'n eienskap van 'n dier, idee, voorwerp, persoon of plek wat 'n perseptuele ervaring van genot of bevrediging verskaf. Skoonheid word as 'n afdeling van estetika, kultuur, sosiale sielkunde, filosofie en sosiologie bestudeer.

Lelikheid word as die teenoorgestelde van skoonheid beskou.

Aangesien dit 'n subjektiewe ervaring kan wees, word daar dikwels gesê: "beauty is in the eye of the beholder" (oftewel "elkeen weet wat vir hom/haar mooi is").[1]

  1. Gary Martin (2007). "Beauty is in the eye of the beholder" (in Engels). The Phrase Finder. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2012. Besoek op 4 Desember 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search