Skyfskiet

Piktogram wat skyfskiet aandui
Die skyfskieter Hattie Johnson
(U.S. Army Marksmanship Unit)

Skyfskiet bestaan uit 'n aantal kompeterende sporte waar gewere en pistole gebruik word om na teikens te skiet. Noukeurigheid, snelheid en die tipe wapen wat gebruik word is hier belangrik.

In die verlede was jag en skyfskiet gereeld met mekaar verwar. Die rede hiervoor was dat daar tydens die Olimpiese Somerspele op lewende duiwe geskiet was. Deesdae, as met 'n pyl en boog geskiet word, word dit boogskiet genoem, terwyl die skiet van wild onder jag val.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search