Slag van Bergendal

Slag van Bergendal
Deel van Tweede Vryheidsoorlog

Twee monumente op die plaas Berg-en-Dal
Datum 21-27 Augustus 1900
Ligging Belfast, Mpumalanga
Resultaat Britse oorwinning
Strydende partye
Groot Brittanje Zuid-Afrikaansche Republiek
Bevelvoerders
Lord Roberts
Sir Redvers Buller
Louis Botha
Sterkte
18 700[1] 7 000[2]
Ongevalle
385 78

Die Slag van Bergendal of Slag van Dalmanutha het van 21 tot 27 Augustus 1900 digby Belfast (tans in Mpumalanga) plaasgevind. "Berg-en-Dal" was die naam van die plaas waarop die finale geveg van die veldslag plaasgevind het. Dalmanutha is die naam van die nabygeleë spoorwegstasie. Dit was die laaste veldslag van die Tweede Vryheidsoorlog. Daarna het die Boere die oorlog as guerillas voortgesit. Die veldslag is ook daarvoor bekend dat al vier die Boere se Long Tom-kanonne daar gebruik was.

  1. Maurice, F. & Grant, M.H., History of the War in South Africa, London, Hurst & Blackett Ltd., 1908, volume III, p. 392
  2. Ditto

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search