Slag van Blaauwberg

Slag van Blaauwberg
Deel van die Tweede Britse besetting van die Kaap

Die bestorming van die Kaap die Goeie Hoop
Datum 8 Januarie 1806
Ligging Bloubergstrand
Resultaat Britse oorwinning
Strydende partye
Groot-Brittanje Bataafse Republiek
Bevelvoerders
Luitenant-generaal sir David Baird Luitenant-generaal Jan Willem Janssens
Sterkte
7000 2000
Ongevalle
204 347

Die Slag van Blaauwberg, wat naby Kaapstad op 8 Januarie 1806 geveg is, was 'n klein maar deurslaggewende militêre botsing. Twee Britse infanteriebrigades onder lt.genl. David Baird het ’n Nederlandse garnisoen en burgermageenheid onder lt.genl. Jan Willem Janssens verslaan en die Kaap finaal geannekseer.[1] Dit het Britse heerskappy in Suid-Afrika gevestig wat menige gevolge gedurende die 19de en 20ste eeu sou hê. 'n Tweehonderdjarige herdenking is in Januarie 2006 gehou.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search