Slag van Tsoesjima

Slag van Tsoesjima
Deel van Russies-Japannese Oorlog

Admiraal Tōgō op die brug van die Mikasa, aan die begin van die Slag van Tsoesjima in 1905. Die seinvlag wat gehys word, verteenwoordig die letter Z, wat 'n spesiale opdrag aan die vloot was.
Datum 27–28 Mei 1905
Ligging Tsushima-straat
34°33.98′N 130°9.06′O / 34.56633°N 130.15100°O / 34.56633; 130.15100
Resultaat Beslisende Japannese oorwinning[1]
Strydende partye
Vlag van Japannese Keiserryk Japan Vlag van Russiese Ryk Rusland
Bevelvoerders
Vlag van Japan Tōgō Heihachirō
Vlag van Japan Kamimura Hikonojō
Vlag van Japan Dewa Shigetō
Vlag van Russiese Ryk Zinowi Rozjestwenski
Vlag van Russiese Ryk Nikolai Nebogatof
Vlag van Russiese Ryk Oskar Enqvist
Sterkte
5 slagskepe
23 kruisers
20 torpedojaers
16 torpedobote plus hulpvaartuie
8 slagskepe
3 kusgevegskepe
8 kruisers
9 torpedojaers
plus hulpvaartuie
Ongevalle
117 dood
583 beseer
3 torpedobote gesink
(450 ton gesink)
4 380 dood
5 917 gevange geneem
6 slagskepe gesink
1 kusslagskip gesink
14 ander skepe gesink
7 skepe oorgeneem
6 skepe ontwapen
( 126 792 ton gesink)

Die Slag van Tsoesjima (Japannees: 対 馬海 戦, Tsushima kaisen; Russies: Цусимское сражение, Tsoesimskoije srazhenije) was die laaste en beslissende seeslag van die Russies-Japannese Oorlog (1904-1905) wat in die See van Japan plaasgevind het. Die geveg het op 27 en 28 Mei 1905 plaasgevind (14-15 Mei volgens die Juliaanse kalender wat Rusland tot 1917 gebruik het). Die Japannese Keiserlike Vloot onder admiraal Heihachiro Tōgō het twee derdes van die Oosseevloot van die Russiese Keiserlike Vloot onder admiraal Zinowi Rozjestwenski vernietig.

Dit was die skeepsvaart se eerste beslissende seestryd wat deur moderne staal-oorlogskeepsvlote geveg is, en die eerste seeslag waarin draadlose telegrafie (radio) 'n kritieke belangrike rol gespeel het.[2]

  1. 100 Battles, Decisive Battles that Shaped the World, Dougherty, Martin, J., Parragon, bl. 144–145
  2. Brown, David (1990). Warship Losses of World War Two. Arms and Armor Press, Great Britain. ISBN 0-85368-802-8. bl. 10

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search