Slang (sterrebeeld)

Slang
Latynse naam Serpens
Genitief Serpentis
Afkorting Ser
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming Serpens Caput: 16h
Serpens Cauda: 18h
Deklinasie Serpens Caput: 10º
Serpens Cauda: -5º
Grootte 637 vk. grade (23ste)
Kwadrant Serpens Caput: NQ3
Serpens Cauda: SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 9
Helderste ster Alpha Serpentis (Unukalhai)
Naaste ster GJ 1224
Sterre helderder as 3 m 1
Sterre met planete 11
Messier-voorwerpe 2
Bayer-/Flamsteed-sterre 57
Aangrensende sterrebeelde
Serpens Caput: Noordelike Kroon, Veewagter, Maagd, Weegskaal, Slangdraer, Hercules
Serpens Cauda: Arend, Slangdraer, Boogskutter, Skild
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Slang (Latyn: Serpens) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Dit is uniek onder moderne sterrebeelde deurdat dit uit twee nie-aangrensende dele bestaan: Serpens Caput (die Slang se Kop) in die weste en Serpens Cauda (die Slang se Stert) in die ooste. Tussen dié twee helftes lê die Slangdraer. Die lyf van die Slang word gewoonlik uitgebeeld as sou dit agter die Slangdraer lê. Al bestaan dit uit twee dele, word dit as een sterrebeeld beskou.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search