Slang | ||||
Latynse naam | Serpens | |||
Genitief | Serpentis | |||
Afkorting | Ser | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | Serpens Caput: 16h Serpens Cauda: 18h | |||
Deklinasie | Serpens Caput: 10º Serpens Cauda: -5º | |||
Grootte | 637 vk. grade (23ste) | |||
Kwadrant | Serpens Caput: NQ3 Serpens Cauda: SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 9 | |||
Helderste ster | Alpha Serpentis (Unukalhai) | |||
Naaste ster | GJ 1224 | |||
Sterre helderder as 3 m | 1 | |||
Sterre met planete | 11 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 57 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Serpens Caput: Noordelike Kroon, Veewagter, Maagd, Weegskaal, Slangdraer, Hercules Serpens Cauda: Arend, Slangdraer, Boogskutter, Skild | ||||
|
Die Slang (Latyn: Serpens) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Dit is uniek onder moderne sterrebeelde deurdat dit uit twee nie-aangrensende dele bestaan: Serpens Caput (die Slang se Kop) in die weste en Serpens Cauda (die Slang se Stert) in die ooste. Tussen dié twee helftes lê die Slangdraer. Die lyf van die Slang word gewoonlik uitgebeeld as sou dit agter die Slangdraer lê. Al bestaan dit uit twee dele, word dit as een sterrebeeld beskou.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search