Slangdraer (sterrebeeld)

Slangdraer
Latynse naam Ophiuchus
Genitief Ophiuchi
Afkorting Oph
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h
Deklinasie -8º
Grootte 948 vk. grade (11de)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 10
Helderste ster Alpha Ophiuchi
Naaste ster Barnard se Ster
Sterre helderder as 3 m 5
Sterre met planete 12
Messier-voorwerpe 7
Bayer-/Flamsteed-sterre 62
Meteoorreëns Ophiuchiede
Aangrensende sterrebeelde
Hercules, Slang, Weegskaal, Skerpioen, Boogskutter, Arend
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Slangdraer (Latyn: Ophiuchus) is ’n groot sterrebeeld wat om die hemelewenaar geleë is. Die Latynse naam kom van die Griekse woord Ὀφιοῦχος (ophioukhos, "slangdraer") en dit word gewoonlik uitgebeeld as ’n man wat die sterrebeeld Slang vashou. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search