Soechoemi

Soechoemi
სოხუმი
Аҟəа / Aqwais

Kaart Vlag
Wapen
 Land Vlag van Georgië Georgië
 Provinsie Vlag van Abchasië Abchasië
 Koördinate 43°00′N 41°01′O / 43.000°N 41.017°O / 43.000; 41.017
 Stigting 6de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 372 vk km
 Hoogte bo seevlak 5–140 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2018) 65 439[1]
 - Bevolkingsdigtheid 175/vk km
 Tydsone UTC+04:00 (MSK)
 Burgemeester Beslan Esjba

Soechoemi (Abchasies: Аҟəа, Aqwais; Georgies: სოხუმი, Sochoemi, [sɔχumi], ; Russies: Сухум, Soechoem, [sʊˈxum(ʲɪ)]) is die hoofstad van Abchasië, 'n omstrede gebied in Georgië. Die stad het in 2018 'n bevolking van sowat 65 400 gehad.

Soechoemi is 'n stad in 'n wye baai aan die Swartsee se oostelike kus. Dit is beide die hoofstad en grootste stad van die Republiek Abchasië, wat dit sedert die Abchasië-oorlog in 1992–93 beheer. Abchasië word egter internasionaal as deel van Georgië beskou. Die stad, wat 'n lughawe het, is 'n hawe, groot spooraansluiting en 'n vakansieoord vanweë sy strande, sanatoriums, mineraalwater-spa's en semitropiese klimaat. Dit is ook 'n lid van die Internasionale Swartseeklub.[2]

  1. (ru) "Государственный комитет Республики Абхазия по статистике". ugsra.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op 7 September 2022.
  2. (en) "International Black Sea Club, members". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2011. Besoek op 30 Mei 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search