Soelawesi

Soelawesi
Topografiese kaart van Soelawesi
Topografiese kaart van Soelawesi
Geografie
Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 02°00′S 121°00′O / 2.000°S 121.000°O / -2.000; 121.000
Argipel Groot Soenda-eilande

Oppervlakte 180 680,7 vk km
Hoogste punt Berg Rantemario 3 478 m
Administrasie
Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsies Wes-, Noord-, Sentraal-, Suid-, Suidoos-Soelawesi, Gorontalo

Grootste stad Makassar (1 130 000)

Demografie
Bevolking 18 455 058

Bevolkingsgroepe Makassarese, Boeginese, Mandar, Minahasa, Gorontalo, Toraja, Boetonese, Bajau, Mongondow
Die wêreld se elfde grootste eiland

Soelawesi (vroeër bekend as Celebes), die wêreld se elfde grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 180 680,7 km² en word begrens deur die Floressee in die suide, die Celebessee in die noorde, die Molukkesee in die noordooste en die Bandasee in die suidooste. Soelawesi is die derde grootste en mees oostelike van die vier Groot Soenda-eilande asook die vierde grootste eiland van die eilandnasie Indonesië. Dit is in die ooste van Borneo, in die suide van die Filippyne, in die weste van die Molukke en in die noorde van die Klein-Soenda-eilande langs die ewenaar geleë. Die Javasee word in die weste deur die Makassar-straat met die Celebessee verbind. Soelawesi het 'n bevolking van 18 455 058 in 2014 gehad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search