Soenni

Lande met ’n Moslemgemeenskap van meer as 5%.[1]

   Soenni

   Sjia

   Ibadi

Verspreiding van die oorheersende Islamitiese regskole volgens lande en streke
Lande onder die gesag van die Ottomaanse Kalifaat in 1683

Soenni (Arabies: سُنِّي, Sunnī) is die grootste tak van Islam. Die naam kom van die woord "Soenna", wat as die voorskrifte van die profeet Mohammed beskou word.[2] Die verskil tussen Soenni en Sjia is dat hulle glo verskillende kaliefs het Mohammed opgevolg; dit het later groter politieke, teologiese en juridiese afmetings aangeneem.[3] Soenni word ook Soennisme genoem en hul aanhangers Soenni's of Soenniete.[4]

Volgens die Soennitiese tradisie het Mohammed nie ’n opvolger aangewys nie en sy volgelinge het dus ná sy dood sy skoonpa, Aboe Bakr, in ooreenstemming met die Soenna as die eerste kalief gekies.[5][3] Dit bots met die siening van die Sjiiete, wat glo Mohammed het sy skoonseun en neef Ali ibn Abi Talib tydens die gebeure by Ghadir Khumm as sy opvolger aangewys.[6][7][8][9]

Ali het eindelik die vierde kalief geword. Anders as die drie kaliefs voor hom, was hy van dieselfde clan as Mohammed, Banu Hashim. Die feit dat hy ’n bloedverwant van Mohammed was, is nog ’n rede hoekom die Sjiiete hom as die profeet se regmatige opvolger beskou.[10][11] Politieke spanning tussen die Soenniete en Sjiiete het deur die loop van die Islamitiese geskiedenis voortgeduur, met wisselende mates van intensiteit. Dit is in onlangse tye vererger deur etniese konflikte en die opkoms van Wahabisme.[3]

Soenniete maak 87-90% van die wêreld se Moslems uit.[12] Dit is die grootste godsdiensdenominasie, gevolg deur die Rooms-Katolieke Kerk.[13]

Die Koran en hadit vorm die basis van die geloof en sjaria-uitsprake word hoofsaaklik op grond van dié bronne gemaak.

  1. Die bron vir verspreiding is die CIA World Factbook. Sjiitiese/Soennitiese verspreding kom uit ander bronne. Sjiiete kan onderverteenwoordig wees in sommige lande waar hulle nie in die amptelike statistieke verskyn nie.
  2. "Sunni Islam". The Oxford Dictionary of Islam. (2014). Ed. John L. Esposito. Oxford: Oxford University Press. 
  3. 3,0 3,1 3,2 Tayeb El-Hibri, Maysam J. al Faruqi (2004). "Sunni Islam". The Encyclopedia of the Modern Middle East and North Africa (2de). Ed. Philip Mattar. MacMillan Reference USA. 
  4. "Soenni" in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Aanlyn by viva-afrikaans.org.
  5. "Caliphate and Monarchistic (Urdu) Khilafat o Malookiat of Modoodi" (in Engels). Urdu Movies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2019 – via Google Books.
  6. Jafri, Syed Husain Mohammad (27 Augustus 1976). The Origins and Early Development of Shi'a Islam (Millennium (Series)) (The Millennium (Series).). Karachi, Pakistan: Oxford University Press (Eerste gepubliseer deur Longman Group Ltd en Librairie du Liban, 1979). pp. 19–21. ISBN 978-0-19-579387-1.
  7. "Beliefs: Did the Prophet (s) Appoint a Successor". Al-Islam.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2019. Besoek op 25 Desember 2017.
  8. Mawlana Hazar Imam. "Imam Ali declared the Successor of Prophet Muhammad in Sunni Hadith Literature". Ismaili Gnosis (in Engels). Ismaili Gnosis. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2019. Besoek op 25 Desember 2017.
  9. Harney, John (3 Januarie 2016). "How Do Sunni and Shia Islam Differ?". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 4 Januarie 2016.
  10. Triana, María (31 Maart 2017). Managing Diversity in Organizations: A Global Perspective (in Engels). Taylor & Francis. p. 159. ISBN 978-1-317-42368-3.
  11. Ja'fari, Sayyid Husayn Muhammad (22 September 2014). "The Origins and Early Development of Shia Islam p.14-24". OUP Pakistan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2019 – via Google Books.
  12. "Mapping the Global Muslim Population" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 10 Desember 2014.
  13. Connie R. Green, Sandra Brenneman Oldendorf, Religious Diversity and Children's Literature: Strategies and Resources, Information Age Publishing, 2011, p. 156.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search