Sojoes-program

Die lansering van die Sojoes TMA-3 in 2003.
Bemanning van Sojoes TMA-14M keer in 2015 na die aarde terug.

Die Sojoes-program is in die 1960's begin om 'n Russiese ruimtevaarder na die maan te stuur. Die Sojoes-ruimtetuig en -lanseringsvoertuig was albei deel van die program. Die maan is as teiken laat vaar toe tegnologiese probleme meegebring het dat die VSA die maan eerste sou bereik. Sojoes het die beëindiging van die bemande maanprogram oorleef deurdat dit ontwikkel het in 'n verskeidenheid projekte (militêr en burgerlik), hoofsaaklik in samewerking met ruimtestasies.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search