Sokker-Konfederasiebeker

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
'
Beskrywing.
Die trofee waarom meegeding is

Sportsoort Sokker
Gestig 1992
Gestaak 2019
Eienaar FIFA
Inwydingseisoen 1992 (as die Koning Fahd-beker)
1997 (as die FIFA Sokker-Konfederasiebeker)
Deelnemende lande wêreldwyd
Aantal spanne 8
Mees onlangse kampioen Vlag van Duitsland Duitsland (2017)

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker (Engels: FIFA Confederations Cup) is al om die vier jaar deur FIFA georganiseer. Dit was normaalweg 'n sokkertoernooi tussen die kampioene van die ses oorkoepelende kontinentale sokkerbonde (AFC, CAF, CONCACAF, CONMEBOL, OFC en UEFA) aangevul met die destydse wêreldkampioen en die organiserende land. Die toernooi is in die jaar voor 'n Sokker-Wêreldbeker in die land wat die Sokker-Wêreldbeker organiseer het aangebied. In die verlede is die Konfederasiebeker al om die twee jaar aangebied en later al om die vier jaar. Die laaste kampioen was Duitsland wat die toernooi in 2017 gewen het.

Die destydse Saoediese koning Fahd het die Koning Fahd-beker in 1992 en Koning Fahd-beker in 1995 bedink en dié twee toernooie deur die Saoediese Sokkervereniging in die Riaadse Koning Fahd II-stadion laat aanbied. In 1997 het FIFA die reëling van dié toernooi by Saoedi-Arabië oorgeneem en dit in Sokker-Konfederasiebeker herdoop, met die eerste toernooi wat in 1997 ook in Saoedi-Arabië aangebied is.

Die laaste formaat van die kampioenskappe het agt spanne behels wat om die titel meegeding het in stadions van die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer twee weke. Beide Brasilië en Meksiko is rekorddeelnemers met sewe deelnames. Oor die tien toernooie wat al aangebied is het ses lande al die titel ingepalm. Brasilië het al 'n rekord van vier keer gewen. Frankryk het twee keer gewen. Die ander wenners sluit in Argentinië, Denemarke, Duitsland en Meksiko met een titel elk.

Ná die 2017-toernooi het FIFA aangekondig dat dit dié toernooi nie langer sal aanbied nie en dit deur ’n uitgebreide FIFA-Klubwêreldbeker sal vervang.[1][2]

  1. (en) "FIFA Council votes for the introduction of a revamped FIFA Club World Cup". FIFA. 15 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 15 Maart 2019.
  2. (en) "FIFA President confirms 22 national teams will participate in FIFA Arab Cup 2021 in Qatar". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2020. Besoek op 25 November 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search