Sophia van die Palts

Sophia van die Palts
Keurvorstin van Hannover

Vorstehuis Wittelsbach-Simmern
Hannover
Bewind 1692–1698
Gebore 14 Oktober 1630, Den Haag
Oorlede 8 Junie 1714 (op 83), Hannover
Eggenoot Ernst August, keurvors van Brunswyk-Lüneburg
Kinders George I van Groot-Brittanje
Friedrich August
Maximilian Wilhelm
Sophie Charlotte
Karl Philipp
Christian Heinrich
Ernst Augustus
Vader Frederik V van die Palts
Moeder Elizabeth van Boheme

Sophia van die Palts (beter bekend as die keurvorstin van Hannover; 14 Oktober 1630 – 8 Junie 1714) was van 1692 tot 1698 die keurvorstin van Hannover. Sy was ’n kleindogter van koning Jakobus VI en I en ook die erfgenaam van die troon van Engeland (later Groot-Brittanje), en dus die vermoedelike troonopvoler van koningin Anna. Sy is egter twee maande voor Anna dood en haar oudste seun, Georg Lodewyk, het die nuwe troonopvolger geword. Hy het Anna op 1 Augustus 1714 as koning George I opgevolg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search