Spesievorming

Die vier soorte spesievorming: allopatries, peripatries, parapatries en simpatries.

Spesievorming of soortvorming is die ontstaan van nuwe biologiese spesies (of soorte) uit bestaande spesies. Dit is een van die belangrikste ondersoekgebiede in evolusiebiologie. Wanneer nuwe klades ontstaan, word gepraat van kladogenese.

Charles Darwin het spesievorming in die 1850's ondersoek en die titel van sy belangrikste werk is Die oorsprong van spesies. Omstreeks 1900 het die bestudering van spesievorming minder belangrik geword omdat die ontdekkings van Gregor Mendel die aandag gevestig het op die manier waarop verskille tussen individue via die gene aan die nageslag deurgegee word. Sedert die eeuwisseling het spesievorming weer ’n belangrike belangstellingsveld geword.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search