Spreewald



Spreewald / Błóta

Historiese kultuurlandskap en
Unesco-biosfeerreservaat


Ligging



Brandenburg, Duitsland


Oppervlakte
500 km²
waarvan biosfeerreservaat: 488 km²


Bevolking



50 000


Tale
Duits, Neder-Sorbies

Die Spreewald (Neder-Sorbies: Błóta, "Moerasland") is 'n uitgestrekte laagland en historiese kultuurlandskap in die suidooste van die Duitse deelstaat Brandenburg, geleë in die administratiewe distrikte Dahme-Spreewald en Oberspreewald-Lausitz, sowat 100 kilometer suidoos van Berlyn. Die Spreewald vorm die noordelikste deel van Neder-Lausitz met Cottbus as die politieke en kulturele sentrum. Sy hoofkenmerk is die natuurlike vertakkings van die Spreerivier wat deur kunsmatige kanale aansienlik uitgebrei is. Die rivier- en moeraslandskap word sedert 1991 as Unesco-biosfeerreservaat beskerm.

Kaart van die Spreewald

Dit was veral die Sorbe, 'n Wes-Slawiese volk, wat hul stempel op die kultuurlandskap Spreewald afgedruk het. Die gebied het lankal tot een van die bekendste en gewildste toeristebestemmings in Brandenburg ontwikkel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search