Sri Lanka Krieket

Sri Lanka Krieket
Kenteken van Sri Lanka Krieket
Kenteken van Sri Lanka Krieket
Engelse naam Sri Lanka Cricket
Afkorting SLC
Singalese naam ශ්‍රී ලංකා ක්‍රිකට් ආයතනය
Tamilnaam இலங்கை துடுப்பாட்ட வாரியம்
Land Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
Sportsoort Krieket
Gestig op 30 Junie 1975
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit op 21 Julie 1981
Vastelandse beheerliggaam Asiatiese Krieketraad
President Shammi Silva
Direktor Tom Moody
Sekretaris Mohan de Silva
Setel Singalese Sportklub-krieketveld, Colombo, Sri Lanka
Amptelike tale Engels, Singalees en Tamil
Amptelike webwerf srilankacricket.lk

Sri Lanka Krieket (Engels: Sri Lanka Cricket, afgekort “SLC”; Singalees: ශ්‍රී ලංකා ක්‍රිකට් ආයතනය; Tamil: இலங்கை துடுப்பாட்ட வாரியம்), tot in 2003 bekend as Raad vir Beheer van Krieket vir Sri Lanka (Board of Control of Cricket for Sri Lanka, “BCCSL”), is die bestuursliggaam wat krieket in Sri Lanka beheer. Die beheerliggaam is op 30 Junie 1975 gestig en by die Singalese Sportklub-krieketveld in Colombo gesetel. Sedert 1981 verteenwoordig dit Sri Lanka by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en sedert 1983 ook by die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search