Staatsman

'n Staatsman of staatsvrou is gewoonlik 'n politikus of ander gesiene publieke persoonlikheid wat oor 'n lang en gerespekteerde loopbaan in politiek of regering op nasionale en internasionale vlak beskik. Die toekenning van sodanige eretitel word dikwels oorgelaat aan ondersteuners of kommentatore. Wanneer politici aftree, word dikwels na hulle as ouerstaatsmanne verwys.

Staatsmanskap suggereer ook 'n leierskapskwaliteit wat mense organisatories saambring, en van ouerskap, 'n gees van sorgsaamheid jeens andere en vir die geheel.

Die woorde staatsman of staatsvrou word losweg toegepas op enige staatshoof, enige senior politieke figuur, of enigeen wat op 'n gegewe oomblik staatsmanskaplike kwaliteite vertoon.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search