Stephenson 2-18 | ||||
St2-18 en sy sterreswerm, Stephenson 2 (links bo), soos gesien deur 2MASS. | ||||
Sterrebeeld | Skild | |||
Spektraaltipe | ~M6[1] | |||
Soort | Rooisuperreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 39m 02.3709s[2] | |||
Deklinasie | -06° 05′ 10.5357″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | Nie sigbaar | |||
Besonderhede | ||||
Radius (R☉) | 2 150[3] | |||
Ligsterkte (L☉) | 437 000[3] | |||
Temperatuur (K) | 3 200[3] | |||
Afstand (ligjaar) | 18 900[4] | |||
Ander name | ||||
Stephenson 2 DFK 1, RSGC2-18, 2MASS J18390238-0605106, IRAS 18363-0607 | ||||
|
Stephenson 2-18 (St2-18), ook bekend as Stephenson 2 DFK 1 of RSGC2-18, is ’n rooisuperreusester in die sterrebeeld Skild. Dit lê naby die oop sterreswerm Stephenson 2, wat sowat 20 000 ligjare van die Son af is en is vermoedelik een van ’n groep sterre op min of meer dieselfde afstand. Dit is een van die grootste bekende sterre, indien nie die grootste nie, en een van die rooisuperreuse met die grootste ligsterkte. Dit het ’n geraamde radius van sowat 2 150 keer die Son s'n, wat beteken sy volume is amper 10 miljard keer dié van die Son. As dit in die Sonnestelsel geplaas sou word, sou sy fotosfeer verby Saturnus se wentelbaan strek.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search