Sterilisasie

Sterilisasie is een van verskeie mediese metodes van geboortebeperking wat meebring dat ’n persoon nie kan voortplant nie. Metodes sluit chirurgiese én niechirurgies maniere in en geld vir mans én vroue. Sterilisasieprosedures is veronderstel om permanent te wees; dit is dikwels moeilik of onmoontlik om om te keer.

Daar is verskeie maniere om sterilisasie toe te pas, maar die twee algemeenstes is buisafbinding vir vroue en ’n vasektomie vir mans. Daar is baie maniere waarop buisafbinding gedoen kan word. Dit is uiters doeltreffend en gewoonlik is daar min komplikasies. Dit is egter ’n chirurgiese prosedure en hou steeds gevaar in. Daar is meer ernstige newe-effekte as met ’n vasektomie. Swangerskap ná ’n buisafbinding is steeds moontlik, selfs jare ná die prosedure.

In sommige gevalle kan sterilisasie omgekeer word, maar nie altyd nie. Dit kan wissel na gelang van die soort sterilisasie.[1]

  1. Peterson, Herbert B (2008). "Sterilization". Obstetrics and Gynecology. 111 (1): 189–203. doi:10.1097/01.AOG.0000298621.98372.62. PMID 18165410. S2CID 220557510.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search