Straat van Dover

Straat van Dover

Nasa-Satellietbeeld van die Straat van Dover

Kaart van die Straat van Dover
Koördinate:51°0′N 1°27′O / 51.000°N 1.450°O / 51.000; 1.450
Ligging:Frankryk, Verenigde Koninkryk
Soort:Seestraat
Gemiddelde diepte:30 meter (98 voet)
Breedte:33,3 km (20,7 myl)
Dower se wit klowe

Die Straat van Dover of Straat van Calais (Frans: Pas de Calais [pɑ d(ə)‿kalɛ], Nederlands: Nauw van Calais [nʌu̯ vɑn kaːˈlɛː] of Straat van Dover) is die punt waar die Engelse Kanaal op sy nouste is. Aan die Britse kant is Dover en aan die Franse kant is Cap Gris Nez naby Calais. Hier is die straat slegs 33,3 km breed. Dit is ook die grens tussen die Engelse Kanaal en die Noordsee.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search