Straat van Gibraltar

Straat van Gibraltar

Die Straat van Gibraltar soos uit die ruimte gesien

Ligging van die Straat van Gibraltar
Koördinate:35°58′18″N 5°29′09″W / 35.97167°N 5.48583°W / 35.97167; -5.48583
Ligging:Marokko, Spanje
Soort:Seestraat van die Atlantiese Oseaan
Gemiddelde diepte:300 m (980 vt)
Maksimum diepte:900 m (2 950 vt)
Lengte:60 km
Breedte:14,3 km (8,9 myl)
Invloei:Middellandse See
Uitvloei:Atlantiese Oseaan
Eiland/e:Isla de Las Palomas, Isla del Perejil, Isla de Santa Catalina
Nedersettings:Tarifa, Gibraltar, Ceuta

Die Straat van Gibraltar (Arabies: مضيق جبل طارق, Spaans: Estrecho de Gibraltar) is die seestraat wat die Atlantiese Oseaan met die Middellandse See verbind en Gibraltar en Spanje in Europa van Marokko in Afrika skei. In Engels staan dit algemeen bekend in die meervoudsvorm: The Straits of Gibraltar, of 'n kort vorm: Strog (STRait Of Gibraltar) soos dit welbekend is in vlootkringe.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search